
SA veroordeel staatsgreep in Guinee-Bissau
Loading player...
Die Presidensie sê die Suid-Afrikaanse regering veroordeel die militêre staatsgreep in Guinee-Bissau en noem dit 'n bedreiging vir demokrasie gedurende 'n kritieke verkiesingstydperk. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, moedig vreedsame dialoog aan en sê Suid-Afrika sal met die Afrika-unie en die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State saamwerk om bestendigheid in Guinee-Bissau te herstel:

