
BKS: Suid-Afrika het nie beheer of wil nie
Loading player...
Die bek-en-klouseer-uitbraak in Suid-Afrika toon geen teken van afname nie, met 274 gevalle wat steeds landwyd onopgelos is. Terwyl die land 'n landwye inentingsveldtog vir sy 7,2 miljoen beeste van stapel stuur, wys die plaaslike landboukundige Wallie Roux daarop dat Suid-Afrika lank sukkel om doeltreffende beheermaatreëls soortgelyk aan dié wat in Namibië gebruik word, te implementeer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit grootliks te wyte is aan die land se vroeë gebrek aan belangstelling in vleisuitvoere.

