Presidensie nie beïndruk met Amerikaanse beledigings

Loading player...
Die Presidensie sê Suid-Afrika is ʼn soewereine, grondwetlike demokratiese land en is nie beïndruk dat ʼn ander land die waarde van sy deelname aan globale platforms bevraagteken nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê Suid-Afrika sal nie genooi word na volgende jaar se G20-leiersberaad in Florida nie omdat die regering weier om menseregteskendings teen Afrikaners te erken. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika sal nie ʼn ander land of sy stand in die wêreld beledig nie:
27 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Carney sê Groenland se toekoms behoort nie aan Trump nie

Die Kanadese premier Mark Carney sê sy land sal altyd die soewereiniteit en gebiedsintegriteit van lande, insluitend Groenland, ondersteun. President Donald Trump het herhaaldelik daarop aangedring dat Amerika Groenland moet verkry vir nasionale veiligheid en om te verhoed dat Rusland of China beheer kry. Hy het ook gedreig om nuwe…
19 Jan 12AM 1 min

SALGA vra dringende optrede om rampbestuur te versterk

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings, SALGA, vra versnelde nasionale optrede om munisipaliteite te ondersteun wat toenemend klimaat-verwante rampe beleef. Onlangse oorstromings, storms en veldbrande het eiendomme en mense se lewensbestaan vernietig, en meer as 30 lewens geëis. Die voorsitter van SALGA se werksgroep vir nooddienste en rampbestuur, Mluleki Nkosi,…
19 Jan 12AM 1 min

Alle aanduidings is dat La Niña verswak

Die nuutste AMT-weervoorspelling is uit. Die boonste helfte van die sentrale Stille Oseaan is reeds warmer as normaal, ’n teken dat La Niña-toestande vinnig kan verander. Johan van den Berg ondersoek wat dit beteken vir die kort-, medium- en langtermyn reënvooruitsigte.
19 Jan 12AM 1 min

Handelaars wat voorwaardes aan kaartbetalings heg, geroskam

Die Betalingsvereniging van Namibië tree strenger op teen besighede wat kaartbetalings vir klein aankope weier of ekstra fooie hef. Die vereniging sê hierdie praktyke is onwettig en oortree nasionale en internasionale betalingsreëls. Verbruikers kan nou met 'n kaart betaal vir enige bedrag sonder om gedwing te word om meer te…
18 Jan 11PM 1 min

Riglyne rakende sandmynbedrywighede skiet kort

Die IPC sê die regering se optrede teen onwettige sand- en gruisontginning het heeltemal te laat gekom. Die skaduminister van omgewingsake, Rodrick Likando, sê die regering se verklaring wat 'n einde maak aan onwettige ontginning, bevestig net waarmee gemeenskappe jare lank saamleef, naamlik dat onwettige ontginning buite beheer is en…
18 Jan 11PM 1 min