Comey reageer op gunstige uitspraak

Loading player...
Die voormalige FBI direkteur James Comey het gereageer na ʼn Amerikaanse federale regter die strafregtelike aanklagte teen hom en New York se prokureur-generaal, Letitia James, laat vaar het. Die rede is dat die aanklaer, president Donald Trump se prokureur Lindsey Halligan, nie wettig aangestel is nie. Regter Cameron Currie sê Halligan, wat nog nooit ʼn aanklaer in ʼn saak was nie, is nie gemagtig om die aanklagte aan die groot jurie voor te lê nie. Die Justisie-departement sê hy gaan appelleer. Comey sê die vervolging is gebaseer op kwaadwilligheid en onbevoegdheid:
25 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer Europese steun teen diskriminasie in SA, sê AfriForum

AfriForum sê Europese steun vir Suid-Afrika se minderheidsgemeenskappe groei namate bewustheid van misbruike deur die ANC-regering toeneem. Die burgerregte-organisasie het die Europese Parlement ingelig oor plaasmoorde, eiendomsbedreigings en diskriminerende beleide. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle veldtog onder die titel 'Die wêreld moet weet' is daarop gemik om wêreldwye…
6 Dec 1AM 1 min

Copps 94.1: Rowwe aand op Walvisbaai

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, reserviste en vrywilligers, het ‘n besige Vrydagaand op Walvisbaai agter die rug, met dronkbestuur en dwelms wat ‘n groot probleem op dié kusdorp is. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus berig van die toneel oor van die voorvalle waar hulle moes ingryp:
5 Dec 11PM 1 min

Krag sal Sondag af wees in Otjiwarongo, Tsumeb

Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
5 Dec 10AM 1 min

Kaapse Forum en Saai takel bemagtiging deur landbou

Die Kaapse Forum en Saai het 'n vennootskap aangegaan om Kleurling-gemeenskappe, insluitend skole, te bevoordeel. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die vennootskap sal volhoubare landbouprojekte, soos groentetuine en pluimveeboerderye begin om leerders en jong werkers vaardighede sowel as blootstelling aan nasionale en internasionale geleenthede te bied:
5 Dec 10AM 1 min