
Mynbou- en steengroefsektor styg 24,5% in derde kwartaal
Loading player...
Die mynbou- en steengroefsektor dryf steeds Namibië se produsenteprysindeks. Dit is volgens die jongste produsenteprysindeks wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is, wat toon dat die sektor met 24,5 persent in die derde kwartaal van 2025 gestyg het, tot 120 basispunte vergeleke met 96,3 basispunte in die vorige kwartaal. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan die prysstyging in sleutelkommoditeite soos diamante, sink en uraan. Woordvoerder van die agentskap, Mirjam Shihepo:

