Bitcoin daal skerp, kenner sê wisselvalligheid is niks nuuts nie

Loading player...
Bitcoin is weer onder druk. Die wêreld se grootste kriptogeldeenheid het kortliks onder 90 000 Amerikaanse dollar gedaal, sy laagste vlak in sewe maande, en al sy winste vir die jaar uitgewis voordat dit herstel het toe die Amerikaanse markte Woensdag geopen het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê EasySats se hoof Bitcoin-beampte, Nikolai Tjongarero, wisselvalligheid is niks nuuts nie en langtermynbeleggers bly vol vertroue, selfs terwyl senuweeagtige nuwelinge na die uitgange jaag.
21 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Rowwe aand op Walvisbaai

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, reserviste en vrywilligers, het ‘n besige Vrydagaand op Walvisbaai agter die rug, met dronkbestuur en dwelms wat ‘n groot probleem op dié kusdorp is. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus berig van die toneel oor van die voorvalle waar hulle moes ingryp:
5 Dec 11PM 1 min

Krag sal Sondag af wees in Otjiwarongo, Tsumeb

Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
5 Dec 10AM 1 min

Kaapse Forum en Saai takel bemagtiging deur landbou

Die Kaapse Forum en Saai het 'n vennootskap aangegaan om Kleurling-gemeenskappe, insluitend skole, te bevoordeel. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die vennootskap sal volhoubare landbouprojekte, soos groentetuine en pluimveeboerderye begin om leerders en jong werkers vaardighede sowel as blootstelling aan nasionale en internasionale geleenthede te bied:
5 Dec 10AM 1 min

Nuwe Napha-president sit doelwitte uiteen

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het 'n nuwe president. Hannes du Plessis is deur lede verkies en neem oor by Axel Cramer vir die volgende twee jaar. Kosmos 94.1 Nuus het by Du Plessis aangeklop om uit te vind wat sy doelstellings is vir sy termyn.
5 Dec 9AM 1 min