Afrigter Henk Botha vaar uit teen NNOC

Loading player...
Afrigter Henk Botha sê hy het verskeie bekommernisse rakende onlangse operasionele besluite en praktyke binne die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee. Hy sê sedert die oorgang in bestuur is daar 'n merkbare verskuiwing in prioriteite en 'n agteruitgang in die gehalte van diens wat aan atlete en sportkodes gelewer word. Een van sy dringendste bekommernisse hou verband met die bestelling en verspreiding van spanklere vir atlete. Baie atlete se groottes was nie beskikbaar nie en hy sê die gehalte is uiters swak.
20 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Rowwe aand op Walvisbaai

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, reserviste en vrywilligers, het ‘n besige Vrydagaand op Walvisbaai agter die rug, met dronkbestuur en dwelms wat ‘n groot probleem op dié kusdorp is. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus berig van die toneel oor van die voorvalle waar hulle moes ingryp:
5 Dec 11PM 1 min

Krag sal Sondag af wees in Otjiwarongo, Tsumeb

Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
5 Dec 10AM 1 min

Kaapse Forum en Saai takel bemagtiging deur landbou

Die Kaapse Forum en Saai het 'n vennootskap aangegaan om Kleurling-gemeenskappe, insluitend skole, te bevoordeel. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die vennootskap sal volhoubare landbouprojekte, soos groentetuine en pluimveeboerderye begin om leerders en jong werkers vaardighede sowel as blootstelling aan nasionale en internasionale geleenthede te bied:
5 Dec 10AM 1 min

Nuwe Napha-president sit doelwitte uiteen

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het 'n nuwe president. Hannes du Plessis is deur lede verkies en neem oor by Axel Cramer vir die volgende twee jaar. Kosmos 94.1 Nuus het by Du Plessis aangeklop om uit te vind wat sy doelstellings is vir sy termyn.
5 Dec 9AM 1 min