
Starlink is enigste uitweg vir landelike verbinding
Loading player...
Terwyl Namibië nader beweeg aan 'n besluit oor Starlink se lisensiebod wat volledig op 28 November vrygestel sal word, waarsku 'n elektroniese ingenieur en deeltydse boer in die Karasberge dat die land die risiko loop om noodsaaklike landelike konnektiwiteit mis te loop. Peet van Staden het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lang vertraging in die proses wys hoe stadig die impak erken word wat die diens op landbou, toerisme en sekuriteit kan hê.

