Nehawu verwerp 9,8% styging in staat se mediese fonds

Loading player...
Die vakbond Nehawu verwerp die verhoging van 9,8-persent in lede se bydrae tot die mediese fonds vir regeringsamptenare vir volgende jaar. Volgens die fonds is die aanpassing 'n nodige belegging om sukses te verseker en waarde en bestendigheid vir meer as 2,4-miljoen lede te verseker. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê die besluit ignoreer die feit dat die fonds lede se bydraes die afgelope twee jaar met meer as 25-persent verhoog het sonder om werkers se finansiële uitdagings in ag te neem:
20 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA-kongres: Party steeds verbind tot nie-rassigheid

Die DA sê hy is steeds verbind tot nie-rassigheid met hernude vrae oor sy rasseboodskap kort voor sy federale kongres. Woordvoerder Luyolo Mphithi het die uitgaande leier John Steenhuisen geloof vir die bevordering van inklusiewe leierskap en jeugverteenwoordiging. Mphithi het aan Newzroom Afrika gesê die party se regeringsrekord weerspieël dienslewering…
6 Apr 11PM 1 min

Trump sê hy sal sal dalk oorlog beëindig om Amerikaners gelukkig te hou

Amerika se president Donald Trump het Sondag tydens tradisionele Paaseier-aktiwiteite by die Withuis aan die media gesê as dit van hom afgehang het, sou hy die oorlog teen Iran voortsit om die olie te kry en ‘n klomp geld te maak. Maar, om die Amerikaanse publiek gelukkig te hou, sal…
6 Apr 11PM 1 min

ACC moet korrupsie met piepklein begroting bekamp

Die Parlement bevraagteken of Namibië korrupsie werklik as verraad kan beskou, soos verklaar deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah, midde kommer oor die begroting van die Teenkorrupsie Kommissie. Die ACC het 'n begroting van 109 miljoen Namibiese dollar vir 2026/2027 ontvang, insluitend 89 miljoen dollar vir bedrywighede en ongeveer 4,6 miljoen dollar…
6 Apr 7AM 1 min

Oorlewende Siamese baba na Pretoria gevlieg

Limpopo se departement van gesondheid het bevestig die oorlewende baba van die onlangs-geskeide Siamese tweeling is van die Mankweng-hospitaal na die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gevlieg vir spesialissorg. Premier Phophi Ramathuba se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê die besluit volg ná raadpleging tussen Ramathuba en die minister van gesondheid,…
6 Apr 5AM 1 min

Strenger Jan Taks ná brandstofstygings in SA

Die nuut-aangestelde kommissaris van die Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê dit mag nodig wees om belasting-invorderingspogings te verskerp om te vergoed vir 'n inkomstetekort van bykans ses miljard rand per maand nadat die brandstofheffing verlaag is. Dit is gedoen om druk op verbruikers te verlig ná skerp stygings in brandstofpryse. Makhuba…
6 Apr 4AM 1 min