
Cosatu vra vir rentekoers verlaging by SARB vandag
Loading player...
Die vakverbond Cosatu vra die Suid-Afrikaanse Reserwebank om werkers en die ekonomie ʼn blaaskans te gee en die terugkoopkoers vandag met minstens 50-basispunte te verlaag. By die Reserwebank se mees onlangse vergadering van sy Monetêre Beleidskomitee in September, is die basiese terugkoopkoers op sewe-persent behou. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê verhogings in die terugkoopkoers het oor die jare die lewe vir miljoene werkers ondraaglik gemaak:

