
Britse vloot op gereedheidsgrondslag met Russiese spioenasieskip
Loading player...
Die Britse minister van Verdediging, John Healey, sê sy land se magte is deur lasers getref terwyl hulle ʼn Russiese spioenasieskip, die Yantar, dopgehou het naby die Verenigde Koninkryk se waters noord van Skotland. Die vaartuig samel intelligensie in en karteer ondersese kabels. Dis die tweede keer vanjaar dat die Yantar in die Verenigde Koninkryk se waters ontplooi word. Healey sê hy het die Koninklike Vloot se reëls van betrokkenheid verander om die Yantar beter dop te hou:

