
Stembrief-debakel reggestel, 'maar moenie gebeur'
Loading player...
Die Verkiesingskommissie sê stembriefverskille is reggestel nadat sommige kiesafdelings en plaaslike owerhede in verskeie streke verkeerde getalle ontvang het. Die kommissie sê alle sensitiewe verkiesingsmateriaal sal vanaf vandag onder polisiebegeleiding na die betrokke gebiede gestuur word. Frederico Links van Fact Check Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kommissie het die probleem vinnig en deursigtig hanteer, maar sulke probleme moenie so naby aan 'n verkiesing voorkom nie.

