
Laer SA inflasieteiken hou voordele in, sê BoN
Loading player...
Die Bank van Namibië het Suid-Afrika se onlangse aanpassing van sy inflasie-teiken verwelkom. Die wysiging verlaag die vorige teikenreeks van 3 tot 6 persent na ’n vaste 3 persent, met ’n toleransieband van 1 persentasiepunt aan weerskante. As lid van die Algemene Monetêregebied sal Namibia direk die uitwerking van hierdie beleidsverandering ervaar. Volgens die BoN kan die laer inflasieteiken verskeie voordelige gevolge inhou, soos die bank se Naufike Hamunime verduidelik.

