Korrupsie-aangeklaagde Gigaba moet opsystaan: Cosatu

Loading player...
Cosatu verwelkom die voormalige minister van Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, se gewilligheid om sy volle samewerking aan die howe en wetstoepassing te bied. Hy het Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie wat verband hou met Transnet. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê gegewe Gigaba se senior leiersposisies in die parlement, asook dat hy 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee is, is dit noodsaaklik dat die party se opsystaan-resolusie sonder versuim toegepas word:
19 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Artemis-ruimtevaarders stel rekord op

Die vier ruimtevaarders aan boord van NASA se Artemis 2-toetsvlug om die maan het geskiedenis gemaak deur dit verder van die Aarde af te waag as enigiemand ooit tevore, en die 1970-rekord wat deur Apollo 13 opgestel is, te verbeter. Gedurende 'n ses uur lange verbyvlug het die bemanning van…
7 Apr 1AM 1 min

SAPD-kaptein vas vir bedrog van miljoene

ʼn Drie-en-vyftigjarige kaptein in die Beskermings- en Sekuriteitsdienste is weens beweerde bedrog in hegtenis geneem. Hy is aangekeer ná ʼn interne ondersoek onder goedkeuring van die Afdeling vir Finansiële Bestuursdienste nadat die Polfin-stelsel verdagte transaksies opgemerk het. Die nasionale polisie-woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die beampte wat toegang tot die finansiële…
7 Apr 1AM 1 min

Suide kan die week nog neerslae verwag

Die reënseisoen is steeds aan die gang, maar die verwagtinge vir verdere reën ná April is skraal. Volgens weerkenners kan Namibiërs steeds gedurende April reën verwag, met die Noorde wat goeie reën kan ontvang. In die korttermyn, veral die week, word goeie neerslae vir die verre Suide verwag. Kosmos 94.1…
7 Apr 1AM 1 min

Starlink het nog nie formeel appelleer nie - Cran

Die satelliet-internetdiensverskaffer Starlink sê hulle sal appèl aanteken ná die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, se verwerping van hul aansoek om in Namibië sake te doen. In 'n verklaring beskryf Starlink die owerheid se besluit as 'n "teleurstellende uitkoms". Kosmos 94.1 Nuus het met Josephine Shigwedha van Cran gepraat, wat sê…
7 Apr 12AM 1 min

Monarch doen weer 'n beroep op veiligheid na liggaam uitspoel

Die liggaam van die man wat Dinsdag van die jetty op Swakopmund afgespring en verdrink het, is Sondag opgespoor. Nikodemus David, ‘n 32-jarige Namibiër, het suid van die jetty naby die mond van die Swakoprivier uitgespoel, waar dit deur verbygangers opgemerk is. Monarch Lifeguards, wat deel van die soektog was,…
7 Apr 12AM 1 min