Teenstrydighede in stembriewe reggestel, sê ECN

Loading player...
Die Verkiesingskommissie bevestig dat teenstrydighede in die stembriewe aangespreek en gekorrigeer is. Daar was onder- en oortoewysing van stembriewe aan sommige stemlokale. Verder, duplikate is gevind in stembriewe wat aangewys is vir beide streeksrade en plaaslike owerhede. Kosmos 94.1 Nuus het met woordvoerder De Wet Siluka gepraat oor die jongste.
19 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Voorspelde groei sal niks aan werkloosheid doen nie

Namibië se ekonomie kan vanjaar momentum kry, met groei wat na verwagting 3,5 persent sal wees, teenoor verlede jaar se beraamde 3,1 persent, volgens die Wêreldbank. Dit plaas die land voor bure soos Angola, Botswana en Suid-Afrika. Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê egter dat dié syfer steeds te laag is…
19 Jan 11PM 1 min

Namibiese gesondheidsowerhede volg op SA en waarsku oor aanvullings

Die Namibiese Medisyne Reguleringsraad het die publiek en gesondheidsorgpersoneel aangeraai om versigtig te wees wanneer hulle produkte gebruik wat sinkpocinolaat en selenium bevat, veral in kinders onder 18 jaar. Hierdie elemente word dikwels gekombineer in aanvullings om immuunfunksie, velgesondheid en antioksidant-verdediging te ondersteun. Die advies volg op 'n onlangse besluit…
19 Jan 10PM 1 min

Trump dreig einde aan sy vredesfokus na hy nie Nobelprys ontvang nie

'n Herrie het in Europa losgebars nadat 'n teksboodskap van Amerikaanse president Donald Trump aan die Noorweegse eerste minister vrygestel is wat sê hy dink nie meer net aan vrede nie, omdat hy nie die Nobelprys vir vrede gekry het nie. Hy het Maandag gesê dat hy 100-persent voortgaan met…
19 Jan 10PM 1 min

Gemeenskap 'moet met Kalimbeza-rysplaas saamwerk'

Boere by die Kalimbeza-rysplaas naby Katima Mulilo maak gereed vir wat 'n deurbraak-oes oor net twee weke kan wees, volgens plaasbestuurder Patrick Kompeli. Adjunk-landbouminister, Ruth Masake het die plaas besoek en moedig die gemeenskap aan om saam met die rysplaas te werk en produksie te verhoog.
19 Jan 10AM 1 min