
NBC sat vir rassisme teen Johanna Swartbooi
Loading player...
Die NBC het die voortdurende stamgebonde-aanvalle teen Johanna Swartbooi, Mej. Namibië en amptelike verteenwoordiger by die 2025 Mej. Heelal-kompetisie, veroordeel. Die kroning vind Vrydag plaas. Sedert sy gekroon is het Swartbooi egter diskriminerende opmerkings in die gesig gestaar, veral teen haar Khoisan-afkoms. NBC-direkteur-generaal Stanley Similo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die organisasie sal regstappe instel teen diegene wat voortgaan met diskriminasie teen Swartbooi.

