Aktualiteit: kommer oor nuwe regulasies vir die skoonheidsbedryf

Loading player...
Solidariteit waarsku dat die voorgestelde regulasies van die Departement van Gesondheid die somatologie- en skoonheidsbedryf in Suid-Afrika kan ontwrig, ondernemings in gevaar kan stel en tot groot werksverliese kan lei. Volgens Johan Roos, netwerkkoördineerder van Solidariteit se kommunikasienetwerk, kan oorregulering die bedryf kunsmatig versplinter en klein ondernemings versmoor. Solidariteit versamel tans insette en beplan om ʼn formele beswaar aan die regering te oorhandig.
19 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes