
Huis, Senaat keur wetgewing wat Epsteinlêers sal vrystel, goed
Loading player...
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het met ʼn groot meerderheid gestem dat die Departement van Justisie die lêers oor die seksoortreder en finansier, Jeffrey Epstein, bekendmaak. Die Huis het met 427-1 gestem om die Epstein-deursigtigheidwet te aanvaar, terwyl die Republikein, Clay Higgins, die enigste was wat daarteen gestem het. Intussen het die Senaat ingestem om die wetsontwerp eenparig sonder ʼn amptelike stemming deur te voer. Die minderheidsleier in die Senaat, Chuck Schumer, sê dis tyd dat reg geskied vir Epstein-slagoffers wat hard daarvoor baklei het:

