Oud-Engelse kaptein sê kolflys te swak vir die As

Loading player...
Engeland se voormalige kaptein, Andrew Strauss, sê die span gaan swaar leun op wedstrydwenners soos kaptein Ben Stokes, Joe Root en Harry Brook in die reeks om die As. Engeland het die As laas in 2015 gewen en kon in 2011 laas in Australië wen, terwyl die Aussies hul laaste drie tuisreekse ingepalm het. Hierdie seisoen se reeks begin Vrydag in Perth. Strauss het op die Sky Sports Cricket Podcast gesê Engeland se kolflys is nie sterk genoeg nie:
19 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kerke moet toetree in stryd teen korrupsie - Boesak

Die anti-apartheidsaktivis Allan Boesak sê die kerk moet 'n sterker standpunt teen korrupsie inneem terwyl die Madlanga-kommissie sy verhore hervat. Boesak het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika gewaarsku 'n sameswering van stilswye het toegelaat het dat wangedrag voortduur, en hy het 'n beroep gedoen op verantwoordbaarheid en morele leierskap…
7 Apr 3AM 1 min

Tucker Carlson vaar uit teen Donald Trump

Oud-Trump bondenoot Tucker Carlson het gereageer op Amerikaanse president Donald Trump se dreigement op sosiale media om Iran se kragsentrales en brûe te vernietig as die land nie sy Dinsdag-sperdatum nakom om die Straat van Hormuz te heropen nie. Hy het kragwoorde gebruik en ook gesê ‘Praise be to Allah’.
7 Apr 3AM 1 min

Steenkamp gee oorsig oor tersiêre instellings se inskrywings

Die Nasionale Vergadering is tans besig met begroting motiverings. Die minister van Onderwys het tydens haar begroting die verwagtinge vir universiteitsinskrywings uiteengesit. Volgens haar sal daar ook minder werkloosheid wees onder gegradueerdes. Dr. Sanet Steenkamp is aan woord.
7 Apr 2AM 1 min

Iran verwerp skietstilstand-plan van VSA

Iran se ministerie van Buitelandse Sake het die voorstel van 'n tydelike skietstilstand verwerp en sê dit sal die VSA en Israel in staat stel om voor te berei vir die voortsetting van die oorlog. Bemiddelaars van Egipte, Pakistan en Turkye het, na wat berig word, 'n skietstilstand van 45…
7 Apr 2AM 1 min

Artemis-ruimtevaarders stel rekord op

Die vier ruimtevaarders aan boord van NASA se Artemis 2-toetsvlug om die maan het geskiedenis gemaak deur dit verder van die Aarde af te waag as enigiemand ooit tevore, en die 1970-rekord wat deur Apollo 13 opgestel is, te verbeter. Gedurende 'n ses uur lange verbyvlug het die bemanning van…
7 Apr 1AM 1 min