
Agribank sukkel steeds om Witvlei Meat te swaai
Loading player...
Agribank wend 'n nuwe poging aan om die eens bedrywige Witvlei-slagpale te laat herleef, tien jaar nadat hulle dit oorgeneem het in die nasleep van Sidney Martin se verlies van sy Noorse uitvoerkwota. Dit het Witvlei Meat laat ineenstort en meer as 200 werksgeleenthede is uitgewis. Die adjunkminister van Landbou, Ruth Masake, het aan die parlement gesê die fasiliteit staan nou as 'n duur leë dop, maar Agribank is aktief besig om beleggers te werf en broodnodige werksgeleenthede in die Omaheke-streek te herstel. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het meer.

