Trump reageer op Khashoggi vraag by perskonferensie

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump en die kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman, het Dinsdag by die Withuis ontmoet, waar verskeie kwessies bespreek is. Volgens die prins sal sy land 1 triljoen Amerikaanse dollar in Amerika belê, terwyl Trump gesê het die twee lande het 'n verdedigingsooreenkoms bereik en Saoedi-Arabië sal F-35 stealth-vegvliegtuie van Amerika koop. 'n Joernalis van ABC News het gevra hoekom Amerikaners bin Salman sal vertrou, gegewe dat Amerikaanse intelligensie bevind het dat hy die 2018 moord op die Washington Post joernalis Jamal Khashoggi georkestreer het.
18 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa beloof bystand na oorstromings

President Cyril Ramaphosa sê die nasionale regering sal die vloedgeteisterde Mpumalanga op elke moontlike manier bystaan. Hy het gister die Nkomazi-munisipaliteit besoek om die omvang van die skade wat deur die oorstromings veroorsaak is en die regering se reaksie daarop te bepaal. Die Nasionale Rampbestuursentrum het na die gure weer…
20 Jan 1AM 1 min

Trump kan nie eienaarskap van Groenland afdreig nie

Die Deense minister van Buitelandse Sake, Lars Løkke Rasmussen, sê president Donald Trump van Amerika kan nie eienaarskap van Groenland deur dreigemente afdwing nie. Trump sê hy gaan sy dreigement uitvoer om tariewe te hef op Europese lande wat sy voorneme teenstaan om beheer te neem oor die semi-outonome Deense…
20 Jan 12AM 1 min

Dodetal in leerderongeluk styg tot 14

Die dodetal na Maandag se botsing in Vanderbijlpark, Gauteng, tussen ʼn minibus wat leerders vervoer het en ʼn vragmotor, het tot 14 gestyg. Die polisie sê die bestuurder van die privaat minibus het blykbaar beheer verloor terwyl hy ander voertuie verbygesteek het. ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak…
20 Jan 12AM 1 min

Futsalspan mik hoog

Die nuut aangestelde hoofafrigter van die nasionale Futsal-mansspan, Marcos Antunes, sê hy is daartoe verbind om die Namibiese vlag hoog te laat wapper by die Afcon Futsal-kwalifiseerders in Namibië en Kenia op 23 en 28 Januarie. Antunes het gepraat tydens die aankondiging van die 14-man-groep wat teen Kenia in die…
20 Jan 12AM 1 min