Zuma-stigting waarsku SAID oor bekendmaking na Zuma se belastingrekords

Loading player...
Die JG Zuma-stigting sê hy waarsku die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en alle staatsinstellings om nie as wapens vir politieke doelwitte gebruik te word nie. Dit volg nadat die Inligtingsreguleerder die Inkomstediens opdrag gegee het om oudpresident Jacob Zuma se belastingrekord vir 2010 tot 2018 bekend te maak. Die reguleerder het bevind die Inkomstediens mag nie toegang weier tot die inligting wat versoek is nie. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die Wet op Belastingadministrasie beheer belastingbetalers se inligting
18 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom-krisis 'n politieke slenter, sê Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki sê die Eskom-kragkrisis van 2008 was opsetlike politieke inmenging en nie meganies nie. Mbeki het in Bloemfontein gesê Eskom is gedwing om ʼn noodtoestand te verklaar en steenkool sonder tenderprosesse aan te koop, wat pryse oornag verdubbel het. Hy haal aan uit ʼn 2017-verslag deur die Spesiale…
18 Jan 5AM 1 min

Flink optrede voorkom erge vloedskade in Kruger-wildtuin

Die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Willie Aucamp, het SANParks geprys vir sy proaktiewe beplanning en vinnige reaksie op oorstromings in die Kruger-wildtuin. Aucamp het bevestig dat daar geen beserings of sterftes was nie. Swaar reënval oor die afgelope weke het gelei tot oorstroomde riviere, padsluitings en voorsorg-ontruimings…
18 Jan 3AM 1 min

Dodetal in Philippi-skietery styg tot agt

Die dodetal ná Saterdag se massaskietery in die Marikana-informele nedersetting in Philippi-Oos het tot agt gestyg, met ’n vrou onder die slagoffers en twee ander in ’n kritieke toestand. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê die aanval het kort ná middernag by ’n sjebeen in Proteaweg plaasgevind en word vermoedelik…
18 Jan 2AM 1 min

Vloedskade in Mpumalanga meer as R2 miljard

Mpumalanga-premier Mandla Ndlovu sê voorlopige assesserings toon dat vloedverwante infrastruktuurskade in die provinsie sowat 2,1 miljard rand kan beloop. Swaar reënval het reeds 20 lewens geëis en meer as 1 200 huishoudings geraak. Die meeste primêre damme en riviere is op volle kapasiteit, wat voortgesette vloedrisiko’s inhou. Minstens vyf brûe…
18 Jan 1AM 1 min

Swapo sit nie op VN-veteraangeld, sê Shaningwa

Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het bewerings ontken dat die party oorlogsveteraanbefondsing wat glo van die Verenigde Nasies ontvang is, terughou. Sy sê Swapo se finansiële rekords toon geen sodanige fondse nie. Shaningwa het die kwessie Saterdag tydens ’n vergadering met oorlogsveterane bespreek, wat sedert verlede jaar by die party…
18 Jan 12AM 1 min