
Gariseb sê staat skarrel om sy saak teen hom voor te berei
Loading player...
Die saak deur die Stadspolisie teen Windhoekse aktiviste Shaun Gariseb en Armando Pieters is na twee-uur vanmiddag verskuif. Hulle staar klagtes van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig. Dit kom nadat hulle en gemeenskapslede van die Katutura Sentrale Kiesafdeling, rioolafval by die Katutura Munisipale kantoor verlede maand gestort het. Gariseb spreek frustrasie uit dat die saak eers om nege-uur van die verkeershof na die landdroshof in Katutura uitgestel is. Hy sê die staat is nie voorbereid nie.

