
Gwarube onderneem om boukontrakteurs aanspreeklik te hou
Loading player...
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement sal kontrakteurs wat nie skoolinfrastruktuurprojekte voltooi nie, op ʼn swartlys plaas. Sy het gister oorsigbesoeke gebring aan twee skole in die Oos-Kaap wat met infrastruktuurprobleme sukkel. Volgens ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het byna al die skole wat in die provinsie geëvalueer is beskadigde geboue, puttoilette en geen water- of elektrisiteitsvoorsiening nie. Gwarube sê hulle is daartoe verbind om hierdie probleme te hanteer:

