
As Huis so stem, sal Trump vrystelling van Epstein-dokumente onderteken
Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy sal ʼn wetsontwerp dat die Justisiedepartement die Epstein-lêers bekendmaak, onderteken as dit op sy lessenaar beland. Die Huis van Verteenwoordigers stem na verwagting vandag vir die vrystelling daarvan. Demokrate in die Huis het verlede week e-posse van die Epstein-boedel bekendgemaak waarin Trump se naam genoem word. Trump sê sy administrasie het Huis-komitees reeds tienduisende dokumente gegee en herhaal dat die Epstein-kwessie ʼn klug is:

