
SA sal geen verdere vlugte met Palestyne aanvaar nie
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika wil geen verdere vlugte ontvang met Palestynse vlugtelinge aanboord nie. Dit volg na ’n gehuurde vliegtuig met 153 passasiers verlede week sonder behoorlike dokumentasie op OR Tambo Internasionale Lughawe geland het. Lamola het die aankoms as verdag beskryf en dit verbind met 'n beweerde Israeliese plan om Palestyne uit Gaza te hervestig. Hy vra vir 'n deeglike ondersoek oor die vlug en die organiseerders:

