Bestuurskenner meen GRN moet wegbly van De Beers-aandele

Loading player...
Reaksie kom in oor die myneministerie wat berigte dat die kabinet die verkryging van ‘n belang in De Beers wat 14,5 miljard Namibiese dollar sal kos, as onakkuraat afgemaak het. Dit is terwyl Angola en Botswana beding vir Anglo American se 85 persent aandele, wat hy wil verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die regeringskenner Pius Dunaiski, wat sê Namibië moet so ver as moontlik van De Beers-aandele wegbly.
17 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dit sal sous die week, ook in die Suide, Weste

Goeie neerslae het in die laaste tien dae in die Hardap en Karas-streke voorgekom, in sommige gevalle, syfers van ‘n hele reënseisoen. Goeie vog beweeg steeds van die tropiese sones suidwaarts na Namibië en die vooruitsigte vir die week lyk goed, veral vir die Suide.
7 Apr 6AM 1 min

Meatco sê nee vir tweede verskeping van bees na Mauritius

Berigte doen die rondtes dat Namibië 'n tweede uitvoer van 3 000 bees op die hoef na Mauritius reël. Die eerste verskeping was op 24 Maart. Kritiek word uit alle oorde daaroor uitgespreek en nie net rakende dierewelsyn nie. NamRA kla oor heffings en die regering en landbou-rolspeler het kommer…
7 Apr 6AM 1 min

Daniel blameer droogte vir mens-dier konflik

Konflik tussen mens en wild bly 'n kritieke uitdaging in Namibië, met meer as 1 400 aanvalle en 10 sterftes wat gedurende 2025 en 2026 aangemeld is. Die minister van omgewing, Indileni Daniel, sê die hoë aantal voorvalle word veral gedryf deur die droogte. Daniel het in die parlement gesê…
7 Apr 6AM 1 min