Gauteng-boelies: DA eis pro-aktiewe plan

Loading player...
Die DA in Gauteng sê boelie-voorvalle in skole in die provinsie het verdubbel en vanaf tien gevalle in 2023 gestyg tot 21 verlede jaar, wat leerders se veiligheid in gevaar stel. Slegs twee leerders is geskors, terwyl ander voorwaardelik kon terugkeer. Die DA se woordvoerder, Sergio Isa dos Santos, gee premier Panyaza Lesufi se administrasie die skuld vir die versuim om die krisis te bekamp. Hy vra 'n pro-aktiewe veiligheidsplan:
17 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dit sal sous die week, ook in die Suide, Weste

Goeie neerslae het in die laaste tien dae in die Hardap en Karas-streke voorgekom, in sommige gevalle, syfers van ‘n hele reënseisoen. Goeie vog beweeg steeds van die tropiese sones suidwaarts na Namibië en die vooruitsigte vir die week lyk goed, veral vir die Suide.
7 Apr 6AM 1 min

Meatco sê nee vir tweede verskeping van bees na Mauritius

Berigte doen die rondtes dat Namibië 'n tweede uitvoer van 3 000 bees op die hoef na Mauritius reël. Die eerste verskeping was op 24 Maart. Kritiek word uit alle oorde daaroor uitgespreek en nie net rakende dierewelsyn nie. NamRA kla oor heffings en die regering en landbou-rolspeler het kommer…
7 Apr 6AM 1 min

Daniel blameer droogte vir mens-dier konflik

Konflik tussen mens en wild bly 'n kritieke uitdaging in Namibië, met meer as 1 400 aanvalle en 10 sterftes wat gedurende 2025 en 2026 aangemeld is. Die minister van omgewing, Indileni Daniel, sê die hoë aantal voorvalle word veral gedryf deur die droogte. Daniel het in die parlement gesê…
7 Apr 6AM 1 min