Kwalifisering vir FIFA Wêrekdbeker vorder

Loading player...
Noorweë het Italië 4-1 verslaan om die eerste keer sedert 1998 vir die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer. Erling Haaland se twee doele het sy totaal in die groepfase tot 16 geneem. Antonio Nusa en Jorgen Strand Larsen het ook verdoel. Portugal het ook sy plek in volgende jaar se toernooi verseker deur Armenië 9-1 te klop. Troy Parrott se driekuns het Ierland 'n kwalifiserende uitspeelplek verseker met 'n oorwinning van 3-2 oor Hongarye. Parrott sê dis spesiaal:
17 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dit sal sous die week, ook in die Suide, Weste

Goeie neerslae het in die laaste tien dae in die Hardap en Karas-streke voorgekom, in sommige gevalle, syfers van ‘n hele reënseisoen. Goeie vog beweeg steeds van die tropiese sones suidwaarts na Namibië en die vooruitsigte vir die week lyk goed, veral vir die Suide.
7 Apr 6AM 1 min

Meatco sê nee vir tweede verskeping van bees na Mauritius

Berigte doen die rondtes dat Namibië 'n tweede uitvoer van 3 000 bees op die hoef na Mauritius reël. Die eerste verskeping was op 24 Maart. Kritiek word uit alle oorde daaroor uitgespreek en nie net rakende dierewelsyn nie. NamRA kla oor heffings en die regering en landbou-rolspeler het kommer…
7 Apr 6AM 1 min

Daniel blameer droogte vir mens-dier konflik

Konflik tussen mens en wild bly 'n kritieke uitdaging in Namibië, met meer as 1 400 aanvalle en 10 sterftes wat gedurende 2025 en 2026 aangemeld is. Die minister van omgewing, Indileni Daniel, sê die hoë aantal voorvalle word veral gedryf deur die droogte. Daniel het in die parlement gesê…
7 Apr 6AM 1 min