
Families, vriende moet praat as hulle selfmoord-tekens sien
Loading player...
Selfmoord bly 'n ernstige bron van kommer in Namibië. Oor die naweek is drie gevalle aangemeld, 'n 21-jarige man in Ruacana, 'n 30-jarige man in Tsumeb en 'n 27-jarige vrou in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende aktivis Zack Itodo gepraat, wat die belangrikheid beklemtoon het om vroeë waarskuwingstekens van selfmoordgedagtes te herken. Hy spoor familielede en vriende aan om ondersteuning te bied en in te gryp voordat dit te laat is.

