
Versigtig vir Swart Vrydag 'winskopies'
Loading player...
Swart Vrydag kom nader en Old Mutual Namibia waarsku dat verbruikers moet versigtig wees. Mignon du Preez, hoof van bemarking en openbare sake, waarsku dat 'n winskoop nie 'n winskoop is as dit gesinne in finansiële stres plaas nie. Met die stygende lewenskoste en die feestyd net weke weg, sê sy dat slim, doelbewuste besteding belangriker as ooit tevore is.

