
Olieprys-styging sal van korte duur wees
Loading player...
Die oliemark is in die nuus maar, die mark is ook uiters sensitief. Dit is die mening van die ekonoom Dawie Klopper na ‘n Oekraïnse aanval op Rusland se Swartsee-hawe van Novorossiysk olie-uitvoere, gelykstaande aan 2,2 miljoen vate per dag, of 2 persent van die wêreldwye voorraad, tydelik opgeskort het. Oliepryse het met meer as 2 persent gestyg. Klopper sê verwagtinge is steeds dat die prys sal daal.

