Jhb verwerp berigte oor R4 miljard betaling om staking tydens G20 te keer

Loading player...
Die Stad Johannesburg het 'n Sunday Times-artikel met die opskrif, Workers’ R4bn G20 blackmail, heeltemal verwerp. Die artikel beweer die metro het 4 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy kapitaaluitgawebegroting aangewend om 'n betoging deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie om die G20-leiersberaad te ontwrig, te voorkom. Burgemeester Dada Morero se woordvoerder, Khathutshelo Mulaudzi, sê die artikel is deurspek van feitelike onwaarhede, teenstrydighede en ongegronde bewerings:
17 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aussies se soldaat-held vas vir oorlogsmisdade

Australië se mees bekroonde lewende soldaat is vir vermeende oorlogsdade aangekeer na ʼn ondersoek van vyf jaar. Die 47-jarige Ben Roberts-Smith staan tereg op vyf aanklagte van moord tydens sy dienstydperk in Afganistan tussen 2009 en 2012. Hy is voorheen beskuldig van moord op ongewapende burgerlikes as lid van die…
7 Apr 6AM 1 min

McKenzie betreur afsterwe van Ladysmith Black Mambazo se Mazibuko

Die buurland se kultuurminister, Gayton McKenzie, sê die dood van ʼn lid van die wêreldberoemde Ladysmith Black Mambazo is ʼn verlies vir Suid-Afrika en die musiekbedryf. Die 77-jarige Albert Mazibuko, wat meer as vyf dekades lank die ikoniese groep se sanger was, is Sondag oorlede. McKenzie se woordvoerder, Zimasa Velaphi,…
7 Apr 6AM 1 min

Dit sal sous die week, ook in die Suide, Weste

Goeie neerslae het in die laaste tien dae in die Hardap en Karas-streke voorgekom, in sommige gevalle, syfers van ‘n hele reënseisoen. Goeie vog beweeg steeds van die tropiese sones suidwaarts na Namibië en die vooruitsigte vir die week lyk goed, veral vir die Suide.
7 Apr 6AM 1 min