
Voorlopige verslag na Airvan noodlanding in Namib, vrygestel
Loading player...
Die direktoraat van vliegtuigongelukke in die Burgerlugvaarowerheid het sy voorlopige verslag rakende die noodlanding van die G8 Airvan, V5-EEB, op 16 Oktober suidoos van die Charlottenfelder Suidelike Diamantkamp in die Namib. Die loods het ‘n noodlanding uitgevoer na hy 'n onbeheerbare enjin gerapporteer het. Die neuswiel het ingegee tydens die landing en die vliegtuig het op sy dak tot stilstand gekom. Hy het ses passasiers aanboord gehad en geen beserings is aangemeld nie. Die hoofondersoeker Hafeni Mweshixwa sê die ondersoek vorder.

