
Gariseb sê hofsaak handel oor sy poging om as raadslid verkies te word
Loading player...
Die Windhoek-aktivis Shaun Gariseb sal weer môre in die Katutura-landdroshof verskyn na hy en gemeenskapslede van die Katutura Sentrale Kiesafdeling, rioolafval by die Katutura Munisipale kantoor gestort het. Hy staar klagtes van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig. Hy vra ondersteuners om op te daag omdat hy meen hy word verhoed om verkies te word as 'n raadslid.

