
McIlroy vat weer Race to Dubai
Loading player...
Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, het die Race to Dubai-titel die vierde agtereenvolgende jaar en die sewende keer in sy loopbaan gewen. Die Noord-Ier was naaswenner in die seisoen se laaste DP World Tour-kampioenskap in Dubai, wat Matt Fitzpatrick van Engeland in ʼn uitspeelronde gewen het. Die Switser, Ludvig Åberg, en Tommy Fleetwood van Engeland deel die derde plek. McIlroy sê dis ʼn eer om die Spanjaard, Seve Ballesteros, se kerf van ses titels verby te steek:

