
Robsektor se tegniese komitee gestig sonder raadpleging
Loading player...
Reaksie word ontvang op die bekendstelling van ‘n Robbe-subsektor Tegniese Komitee. Dit het ten doel om 'n winsgewende, etiese en volhoubare robwaardeketting te bevorder. Hierdie inisiatief is ontwerp om werksgeleenthede te skep, innovasie aan te moedig en die bestuur van die land se mariene hulpbronne te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat sê geen konsultasies is met belanghebbendes gehou nie.

