Robsektor se tegniese komitee gestig sonder raadpleging

Loading player...
Reaksie word ontvang op die bekendstelling van ‘n Robbe-subsektor Tegniese Komitee. Dit het ten doel om 'n winsgewende, etiese en volhoubare robwaardeketting te bevorder. Hierdie inisiatief is ontwerp om werksgeleenthede te skep, innovasie aan te moedig en die bestuur van die land se mariene hulpbronne te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat sê geen konsultasies is met belanghebbendes gehou nie.
16 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goudprys laer, maar steeds sterk: Dawie Klopper

Goud het Maandag onder 4 700 Amerikaanse dollar per ons gebly ná 'n skerp daling in die vorige sessie. Die edelmetaal verhandel tans steeds onder die merk. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper, Suid Afrikaanse ekonoom gepraat. Hy verduidelik hoe beleggers tydens konflik bates rondskuif. Hy sê die hoër…
7 Apr 9AM 1 min

DA kritiseer Lesufi oor nuwe LUR vir Gesondheid

Die DA verwelkom die verwydering van die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, maar waarsku die aanstelling van Faith Mazibuko toon premier Panyaza Lesufi stel kaderontplooiing bo bevoegdheid. Die DA-lid Jack Bloom noem Mazibuko se onindrukwekkende rekord en omstrede verlede, insluitend duur regsooreenkomste, as redes waarom die departement waarskynlik nie…
7 Apr 9AM 1 min

Oshikoto-streek se water te sout, soek ontsoutingsoplossings

Die Oshikoto-streek teiken ontsoutingsaanlegte en osmose-stelsels om 'n permanente oplossing te bied vir die watertekorte wat huishoudings, vee en landbou raak. Die gebied het baie soutwater wat groot uitdagings bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Oshikoto-goewerneur Sacky Kathindi gepraat, wat sê hulle het NamWater en die Duitse bank KfW gekontak…
7 Apr 8AM 1 min

Vermiste helikopter in Krugerwildtuin gevind

ʼn Helikopter met vier mense wat Maandag in die Krugerwildtuin vermis geraak het, is gevind. Die tuig het ʼn vlieënier, twee polisie-speurders en ʼn omgewingsmisdaad-ondersoeker aan boord gehad. Die helikopter het verdwyn tydens ʼn ondersoek nadat ʼn karkas gevind is. Polisiewoordvoerder Donald Mdhluli sê hulle het weens swak sigbaarheid in…
7 Apr 8AM 1 min

Aussies se soldaat-held vas vir oorlogsmisdade

Australië se mees bekroonde lewende soldaat is vir vermeende oorlogsdade aangekeer na ʼn ondersoek van vyf jaar. Die 47-jarige Ben Roberts-Smith staan tereg op vyf aanklagte van moord tydens sy dienstydperk in Afganistan tussen 2009 en 2012. Hy is voorheen beskuldig van moord op ongewapende burgerlikes as lid van die…
7 Apr 6AM 1 min