DA se kritiek teen swartbemagtiging op vals inligting gebaseer

Loading player...
Die voorsitter van die ANC se nasionale uitvoerende komitee vir ekonomiese transformasie, Zuko Godlimpi, sê die DA se beswaar teen swartbemagtiging is gebaseer op vals inligting. Godlimpi het tydens die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee in Ekurhuleni gepraat. Hy het reageer op onlangse druk deur die DA om swart ekonomiese bemagtiging te vervang met sy eie Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal:
16 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Parlement verdaag vroeg na Uerikua-afsterwe

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vandag die Huis vroeg verdaag tot môre namiddag. Dit volg op die tragiese afsterwe van die Swapo-parlementslid James Uerikua verlede week, saam met sy 14-jarige seun. Die sitting sal môre hervat word na die staatsrede deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kuugongelwa-Amadhila is…
7 Apr 11AM 1 min

Kaapstad bepleit behandelde afvalwater-gebruik

Die Stad Kaapstad sê met damvlakke tans onder 50-persent, is die slim gebruik van drinkwater belangriker as ooit. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê 'n praktiese manier waarop inwoners en ondernemings kan help is om gebruik te maak van behandelde afvalwater vir besproeiing en nywerhede. Hy sê…
7 Apr 11AM 1 min

Sandhof-lelies staan geil, gaan kyk vinnig!

Die Sandhof-lelies is in volle blom na die pan aan die buitewyke van Maltahöhe goeie reën ontvang het. Daar is steeds kans tot Vrydag die week om die skouspel te aanskou. Kosmos 94.1 Nuus het met die eienaar van die Maltahöhe Hotel, Marike Raves, gesels.
7 Apr 11AM 1 min

NNN 'het veel beloof in vorige staatsrede, maar min het verander'

Reaksie word ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat môre-middag haar staatsrede sal lewer. Dringende landskwessies word tradisioneel in staatsredes aangespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê ons het nog nie veel verandering op die grond gesien sedert die vorige staatsrede nie.
7 Apr 10AM 1 min

As kragtariewe styg, hoe gaan NamPower sy skuld invorder?

NamPower ondervind probleme om meer as 909 miljoen Namibiese dollar in skuld van grootmaatkliënte in te vorder. Intussen vra die nutsmaatskappy vir ‘n verhoging van 8,4 persent in tariewe by die Elektrisiteitsbeheerraad. Dit het tot kritiek gelei met menings dat die wat wel rekenings betaal gestraf word terwyl debiteure oorgesien…
7 Apr 10AM 1 min