
Sinner dra ATP-jaareind-kroon met sege in skoon stelle teen Alcaraz
Loading player...
Die wêreld-nommer-twee Jannik Sinner het sy naaste teenstander, Carlos Alcaraz, geklop en sy titel in die ATP-jaareindtoernooi behou. Die 24-jarige Italianer het die titel gewen sonder om een stel in die toernooi af te staan, en die eindstryd met 7-6, 7-5 te buit. Hy het sy binnenshuise wenstreep tot 31 wedstryde uitgebrei. Sinner is die negende man wat in agtereenvolgende jare by die jaareindkampioenskap koning kraai, en sê die trofee is die beste manier om die seisoen af te sluit:

