
ActionSA se jeugvleuel sal afskaffing van NSFAS verwelkom
Loading player...
ActionSA se studente-afdeling het die oproep deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, verwelkom om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente te skrap en studentefinansiering regstreeks na hoëronderwysinstellings te herlei. Die hoof van ActionSA se studente-afdeling, Thabo Malosi, sê studente regoor Suid-Afrika het jare lank onder die gevolge van wanbestuur, korrupsie en administratiewe mislukkings binne NSFAS gely. Hy sê hierdie kwessies het gelei tot laat betalings, akademiese uitsluitings, honger en onnodige stres vir studente:

