Nkabinde sê hy is uit OPOD geskors na verklikking

Loading player...
Die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se personeelhoof, Cedrick Nkabinde, het aan die parlement se ad hoc-komitee gesê hy is in 2018 uit die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat geskors nadat hy die destydse uitvoerende direkteur, Robert McBride, en die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan verkla het. Nkabinde beweer sy verslag aan die gewese polisieminister, Bheki Cele, is aan McBride uitgelek, wat hom daarna geskors het. Hy sê die aanklagte is later teruggetrek toe hy na 'n vertroulike skikkingsooreenkoms bedank het:
13 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Parlement verdaag vroeg na Uerikua-afsterwe

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vandag die Huis vroeg verdaag tot môre namiddag. Dit volg op die tragiese afsterwe van die Swapo-parlementslid James Uerikua verlede week, saam met sy 14-jarige seun. Die sitting sal môre hervat word na die staatsrede deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kuugongelwa-Amadhila is…
7 Apr 11AM 1 min

Kaapstad bepleit behandelde afvalwater-gebruik

Die Stad Kaapstad sê met damvlakke tans onder 50-persent, is die slim gebruik van drinkwater belangriker as ooit. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê 'n praktiese manier waarop inwoners en ondernemings kan help is om gebruik te maak van behandelde afvalwater vir besproeiing en nywerhede. Hy sê…
7 Apr 11AM 1 min

Sandhof-lelies staan geil, gaan kyk vinnig!

Die Sandhof-lelies is in volle blom na die pan aan die buitewyke van Maltahöhe goeie reën ontvang het. Daar is steeds kans tot Vrydag die week om die skouspel te aanskou. Kosmos 94.1 Nuus het met die eienaar van die Maltahöhe Hotel, Marike Raves, gesels.
7 Apr 11AM 1 min

NNN 'het veel beloof in vorige staatsrede, maar min het verander'

Reaksie word ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat môre-middag haar staatsrede sal lewer. Dringende landskwessies word tradisioneel in staatsredes aangespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê ons het nog nie veel verandering op die grond gesien sedert die vorige staatsrede nie.
7 Apr 10AM 1 min