
'Verwerp wetsontwerp' wat streekrade se magte wil sny
Loading player...
'n Voorgestelde wet om plaaslike- en streeksraadslede se magte te verminder en hulle onder streekgoewerneurs te plaas, wek kommer. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê die wysigings sal die koördinering tussen plaaslike en streeksowerhede versterk. Maar regeringskenner Pius Dunaiski waarsku dat die wetsontwerp demokrasie kan ondermyn. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verskuiwing van gesag van verkose raadslede na presidensiële aangestelde goewerneurs die mag van die mense wegneem.

