
VSA se G20-beraad boikot te betreur: AU Kommissie
Loading player...
Die voorsitter van die Afrika Unie Kommissie, Mahamoud Ali Youssouf, sê die Amerikaanse besluit om die komende G20-leiersberaad in Suid-Afrika te boikot, is betreurenswaardig. Die Amerikaanse president Donald Trump het verlede week gesê Suid-Afrika behoort nie in die G20 te wees nie weens sy beweerde menseregte misbruik teen die wit Afrikaner-gemeenskap. Die regering het dit verwerp. Youssouf sê Suid-Afrika bied die beraad as mylpaal aan en dit wys die land se groeiende rol in globale staatsbestuur:

