
Suid-Afrikaners in Donbas: Hoe het die werwing in die land plaasgevind?
Loading player...
Die DA eis aanspreeklikheid oor hoe 17 Suid-Afrikaanse mans met beloftes van werk gelok is om by huursoldaatmagte aan te sluit wat by die oorlog tussen Rusland en Oekraïne betrokke is. Die mans was blykbaar onder die indruk hulle gaan wettige opleiding kry of sekuriteitswerk doen, maar is gedwing om vir Rusland in Oekraïne se Donbas-streek te veg. Chris Hattingh van die DA sê die Staatsveiligheidsagentskap en Verdediging-intelligensie moet verduidelik hoe hierdie werwings in Suid-Afrika kon plaasvind sonder om bespeur te word:

