Epstein-slagoffers sê daar is te veel fokus op Trump

Loading player...
Die gebruik deur die Republikeinse regering van die woord ‘hoax’ in verband met die Jeffrey Epstein-skandaal het sy slagoffers warm onder die kraag. Talle van hulle word ook nou genoem in dokumente soos dit vrygestel word wat hulle van vooraf traumatiseer. Een van Epstein se slagoffers Lisa Phillips het met Sky News gepraat. Sy sê hulle soek geregtigheid en dat die fokus verskuif van Donald Trump.
13 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oud- NHE-hoof sê Massabeshuisingsprogram was altyd gebrekkig

Voormalige hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming en politikus Mike Kavekotora sê die Massabehuisingsprogram was van die begin af gebrekkig. Hy voer aan dat swak beplanning, 'n gebrek aan marknavorsing en die bou van huise buite die bereik van gewone Namibiërs baie eenhede vir byna 'n dekade leeg laat staan het,…
11 May 12AM 1 min

Stad Windhoek keer nuwe ontwikkelings goed

Windhoek-inwoners kan binnekort groot veranderinge in Otjomuise en Hadino Hishongwa sien nadat die stadsraad dorpsontwikkelings- en formaliseringsprojekte goedgekeur het wat na verwagting meer as 1 100 nuwe erwe sal skep en toegang tot behuising, dienste en gemeenskapsfasiliteite sal uitbrei. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad Windhoek,…
11 May 12AM 1 min

Tekort aan sweisvaardigheid vir groenwaterstof skep nuwe program

Die land se strewe na groenwaterstof-gebruik, buitelandse energie-eksplorasie en swaar nywerheid tref 'n kritieke knelpunt, naamlik die tekort aan internasionaal erkende sweiskundigheid. Die plaaslike ingenieursfirma Kraatz Engineering sê die land loop die risiko om groot industriële geleenthede te verloor tensy dit plaaslike kapasiteit volgens globale standaarde bou. Nou, deur 'n…
10 May 11PM 1 min

Phala Phala-uitspraak neem nie aanspreeklikheid ernstig op nie

Die African People’s Convention sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak is 'n ernstige terugslag vir die ANC, aangesien hy nie die aanspreeklikheid ernstig opneem nie. Die woordvoerder, Freddy Mbhandze, sê die Konstitusionele Hof het eenparig teen die Parlement se vorige besluit beslis om die hersiening van…
10 May 11PM 1 min

Hupstoot vir Unam Cares op Schlip

Swavet Animal Health het die operasionalisering van die One Health-benadering versterk deur 'n tydige skenking van noodsaaklike veeartsenykundige voorrade, wat 'n suksesvolle Unam Cares-intervensie in die Schlip-nedersetting in die Hardap-streek ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Rachel Freeman van Unam Cares gepraat wat sê die inisiatief het hondsdolheid-entstowwe, ontwurmingstablette…
10 May 5AM 1 min