
Epstein-slagoffers sê daar is te veel fokus op Trump
Loading player...
Die gebruik deur die Republikeinse regering van die woord ‘hoax’ in verband met die Jeffrey Epstein-skandaal het sy slagoffers warm onder die kraag. Talle van hulle word ook nou genoem in dokumente soos dit vrygestel word wat hulle van vooraf traumatiseer. Een van Epstein se slagoffers Lisa Phillips het met Sky News gepraat. Sy sê hulle soek geregtigheid en dat die fokus verskuif van Donald Trump.

