Enoch was nie dapper genoeg nie - Cosatu

Loading player...
Cosatu sê hy is bekommerd oor die mediumtermynbegroting wat nie dapper genoeg is om sigbare groei in die ekonomie te bring nie. Die minister van Finansies Enoch Godongwana was Woensdag optimisties in sy toespraak en het gesê staatsinkomste sal na verwagting vanjaar op 'n beter syfer as die verwagte 19,7 miljard Suid-Afrikaanse rand te staan kom. Die woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê hulle waardeer die ommekeer in verskeie belangrike afdelings van die staat, veral by Eskom, Transnet, metro rail en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens:
13 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oud- NHE-hoof sê Massabeshuisingsprogram was altyd gebrekkig

Voormalige hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming en politikus Mike Kavekotora sê die Massabehuisingsprogram was van die begin af gebrekkig. Hy voer aan dat swak beplanning, 'n gebrek aan marknavorsing en die bou van huise buite die bereik van gewone Namibiërs baie eenhede vir byna 'n dekade leeg laat staan het,…
11 May 12AM 1 min

Stad Windhoek keer nuwe ontwikkelings goed

Windhoek-inwoners kan binnekort groot veranderinge in Otjomuise en Hadino Hishongwa sien nadat die stadsraad dorpsontwikkelings- en formaliseringsprojekte goedgekeur het wat na verwagting meer as 1 100 nuwe erwe sal skep en toegang tot behuising, dienste en gemeenskapsfasiliteite sal uitbrei. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad Windhoek,…
11 May 12AM 1 min

Tekort aan sweisvaardigheid vir groenwaterstof skep nuwe program

Die land se strewe na groenwaterstof-gebruik, buitelandse energie-eksplorasie en swaar nywerheid tref 'n kritieke knelpunt, naamlik die tekort aan internasionaal erkende sweiskundigheid. Die plaaslike ingenieursfirma Kraatz Engineering sê die land loop die risiko om groot industriële geleenthede te verloor tensy dit plaaslike kapasiteit volgens globale standaarde bou. Nou, deur 'n…
10 May 11PM 1 min

Phala Phala-uitspraak neem nie aanspreeklikheid ernstig op nie

Die African People’s Convention sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak is 'n ernstige terugslag vir die ANC, aangesien hy nie die aanspreeklikheid ernstig opneem nie. Die woordvoerder, Freddy Mbhandze, sê die Konstitusionele Hof het eenparig teen die Parlement se vorige besluit beslis om die hersiening van…
10 May 11PM 1 min

Hupstoot vir Unam Cares op Schlip

Swavet Animal Health het die operasionalisering van die One Health-benadering versterk deur 'n tydige skenking van noodsaaklike veeartsenykundige voorrade, wat 'n suksesvolle Unam Cares-intervensie in die Schlip-nedersetting in die Hardap-streek ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Rachel Freeman van Unam Cares gepraat wat sê die inisiatief het hondsdolheid-entstowwe, ontwurmingstablette…
10 May 5AM 1 min