
Namfisa sê oor skuldberading
Loading player...
Daar is kommer oor die verwydering van Artikel 110 uit die nuwe Verbruikerskredietwetsontwerp. Die artikel handel oor skuldberading, en volgens verbruikersregte-voorstanders sal die weglaat daarvan oorbelaste Namibiërs nie 'n billike kans gun om van finansiële nood te herstel nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, die woordvoerder van Namfisa wat die wetsontwerp opgetrek het, gesels. Sy sê die finansministerie is besig om al die voorstelle en bekommernisse te oorweeg.

