Unspoken War

Loading player...
Unspoken War is ’n rou en eerlike vyfdelige Showmax- en M-Net-dokureeks wat lig werp op Suid-Afrika se grensoorlog – van 1966 tot 1989. Met seldsame argiefmateriaal en intieme getuienisse van voormalige soldate, SWAPO-vegters, families en historici, word die menslike prys van ’n oorlog sonder erkenning of gesprek uiteindelik oopgevlek. Die projek is persoonlik geïnspireer deur junior vervaardiger Minette van der Walt se ontdekking van haar pa se oorlogservaring. Minette sluit saam met vervaardiger Elle Oosthuizen by Sarina aan in die ateljee.
12 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: The Potato Foundation

Vandag gesels ons met Esmarie Robbertse van The Potato Foundation – ’n organisasie wat sedert 2007 fokus op die vergete en verwaarloosde kinders in ons gemeenskappe. Met die eenvoudige maar kragtige beeld van ’n aartappel – waar groei onder die grond begin – bring hulle hoop waar dit die minste…
15 Jan 4AM 9 min

Gemeenskapsfokus: Wollies

Oor die afgelope feestyd was daar weer 'n toename van troeteldiere wat by diereskuilings in en om Pretoria beland het. Cilla van Wollies het vir Sarina die huidige stand van sake verduidelik.
15 Jan 4AM 7 min

Dok, is dit normaal om te nies as ek in die son kom?

Melissa wou weet of dit normaal dat haar 6 maande oue seuntjie nies elke keer as hy in die son kom... Dr Andries de Jager Booysen, Pediater by Life Healthcare Eugene Marais beantwoord die interessante vraag.
14 Jan 6AM 4 min

Toppresteeder van die 2025 Matriekklas: Abigail Kok

Die matriekklas van 2025 het geskiedenis gemaak met die hoogste slaagsyfer nóg in Suid-Afrika – en die slimme Abigail Kok van York High School in George, is as die algehele toppresteerder in openbare skole en ook die topkandidaat in fisiese wetenskap aangewys is. Sarina en Tanya het met haar gesels…
14 Jan 6AM 8 min

VERSKILMAKERS: Die Geskenkhuisie

Die Geskenkhuisie Kersmark was ‘n groot sukses en die besoekers aan die mark het die Gemeenskapsprojek vir 2025 met soveel liefde en mooi harte ondersteun. Hul het daarop gefokus om toiletware vir behoeftige bejaardes in te samel. Barbara van Rooyen van Die Geskenkhuisie het by Sarina kom draai om die…
8 Jan 5AM 12 min