
Nog drie gevangenes wat verkeerdlike vrygelaat is, is soek
Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se minister van Justisie, David Lammy, het bevestig drie gevangenes wat verkeerdelik uit tronke in Engeland en Wallis vrygelaat is, is steeds op vrye voet. Twee van die drie bevestigde gevalle is verlede jaar in Augustus en Desember vrygelaat en ʼn derde in Junie vanjaar. Volgens die ministerie van Justisie se syfers is altesaam 91 gevangenes tussen April en einde Oktober vanjaar per abuis vrygelaat. Lammy sê die vrylatingsproses moet drasties hersien word:

