Landdroste sê nee, sloerstaking duur vandag voort

Loading player...
Justisieminister Wise Immanuel het die sloerstaking van landdroste onwettig verklaar en beveel dat alle landdroste vandag weer op hul pos moet wees of die gevolge van hul aksie gaan dra. ‘n Nuwe vergoedingspakket is die afgelope naweek deur justisie en die Landdrostevereniging beding, maar moet nog deur Immanuel onderteken word. Die minister sê landdroste moet vandag begin werk, ongeag wanneer hy die nuwe ooreenkoms gaan teken. Intussen het die landdroste se prokureur, Florian Beukes van Metcalfe Beukes Attorneys, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat geen werk sal hervat totdat die minister die nuwe vergoedingsooreenkoms onderteken nie.
9 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fosa eis ‘n ondersoek na die misdaadnetwerk wat met Nkosi verbind word

Die Forum for South Africa vra 'n omvattende ondersoek na die wyer misdaadnetwerk wat met die polisiesersant Fannie Nkosi van die Gautengse Georganiseerde Misdaadeenheid verbind word. Hy is van talle klagtes aangekla nadat die polisie verlede week op sy huis toegeslaan en versteekte vuurwapens, kontant en ses polisiedossiere onder 'n…
8 Apr 6AM 1 min

'Nüremberg bewys Trump, Netanyahu is verantwoordelik'

Britse senior menseregte-advokaat Geoffrey Robertson, sê dat 'n brief van 100 internasionale regsprofessore moontlik die VSA se vooruitgang in Iran beïnvloed het. Hy sê die Nuremberg-verhore het bewys dat die aggressor verantwoordelik is vir sterftes en president Donald Trump en premier Benjamin Netanyahu moet die feite aanvaar dat hulle Iran…
8 Apr 6AM 1 min

Taxi-fooie is onveranderd, ook vir langafstand - ministerie

Dit wil voorkom asof taxi-operateurs, veral langafstand bestuurders hulle fooie onwettig te verhoog. Volgens die vervoerministerie steeds geen formele aansoek gekry vir ‘n verhoging nie. Dit moet deur die vervoerraad oorweeg word en tot dit goedgekeur is, is verhogings onwettig. Kosmos 94.1 Nuus het met Jonas Sheelongo, uitvoerende direkteur in…
8 Apr 6AM 1 min

Nuwe riglyne vir pluimvee, beskerming vir plaaslike produsente

Die handelsministerie het vorige pluimvee-invoerbeperkings herroep om plek te maak vir 'n nuwe ondersteuningstelsel vir plaaslike boere. Dit kom na jare se smokkelary van ingevoerde hoender met plaaslike produsente wat teen duurder produseer en groot uitdagings ervaar het. Ingevolge die huidige riglyne mag die hoeveelheid pluimveeprodukte wat 'n invoerder die…
8 Apr 6AM 1 min